Brokaat

Mantel en altaargewaad; brokaat van Lyon. 19de eeu.
Sybrokaatstof, Lyon, Frankryk, 1760-1770.
Detail van 'n brokaat haarlint wat op 'n Jakaltek Maja-weeftoestel geweef word.
Groot brokaatweefgetou, Nanjing, China, 2010

Brokaat is 'n tekstielstof wat besonder dekoratief en ryklik versierd is, en volgens die skietspoeltegniek geweef word. Dit word dikwels van gekleurde sy, met of sonder goue en silwer drade geweef. [1] Die naam is van Italiaanse broccato wat "reliëfbedrukte lap" beteken, afkomstig. [2]

Brokaat word tipies op 'n weefstoestel wat getrek word, geweef. Dit is 'n aanvullende inslagtegniek; dit wil sê, die ornamentele brokaat word vervaardig deur aanvullende, nie-strukturele inslagdrade, benewens die standaard inslagdrade wat die skeringdrade bymekaar hou. Die doel hiervan is om dit te laat lyk asof die weefwerk bo-op die materiaal geborduur is.

In Guatemala is brokaat die gewildste tegniek wat gebruik word om materiaal wat deur Maja-wewers op handweefgetoue geweef word, te versier.

Die ornamentele eienskappe van brokaat word beklemtoon, en as toevoegings tot die hoofstof aangebring, wat dit soms styf maak, hoewel dit meer dikwels 'n effek van lae reliëf op die oppervlak tot gevolg het. By sommige, maar nie almal nie, het hierdie toevoegings 'n eiesoortige voorkoms aan die agterkant van die materiaal, waar die aanvullende inslagdrade of drywende drade van die brokaat, of gedeeltes van die materiaal wat so versier is, in los groepies hang of weggeknip kan word. [1] As die inslagdrade aaneenlopend is aan die agterkant van die brokaat, staan dit bekend as 'n deurlopende brokaat; die aanvullende inslagdrade strek van die een selfkant tot die volgende selfkant. Die drade word wel by snywerk en broché weggesny. By nie-aaneenlopende brokaat word die aanvullende drade net by die gedeeltes wat patrone het, ingeweef.

  1. 1,0 1,1 Brocade, volume 4, p. 620-622
  2. brocade: EtymologyOnline

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search